Free shipping on order over R390
"Plant Inheems is professor Kristo Pienaar se keur uit ons inheemse planterykdom en is geïnspireer deur sy gewilde TV-praatjies 'Plant Inheems'. Dit sal elke tuinier aanspoor om nader aan eie bodem te kom en met die oorvloed van inheemse plante te eksperimenteer, al is sy tuin dan nou ook hoe 'ongepas'. Plant Inheems bevat 236 plantgenera - jaarplante, meerjariges, struike, bome en klimplante - endemies in Suid-Afrika, en saam met die aanbevole soorte word meer as 'n duisend plante bespreek. Die duidelike volkleurfoto's by elke plant sal identifisering maklik maak en die teks lig die uitstaande kenmerke toe, gee daarna 'n beskrywing van die plant en besonderhede oor sy kweking, versorging en voortplanting.".